Opinion

Avbob Randfontein lewer puik diens

Die is 'n riem onder die hart om te sien wat Avbob vir sy polishouers doen om hul smart te verlig.

• Braam Peens van Randfontein skryf:

Graag wil ons as familie vir Martie Botha baie dankie sê vir die profesionele hantering van die begrafnisreëlings na die afsterwe van my vrou.

Martie het werklik die reëlings puik gehandhaaf.

Dit was vir ons as familie regtig ‘n vertroosting om iemand te hê wat haar werk so proffessioneel doen.

Baie dankie ook aan Christo Delport vir die diens wat hy by die kerk asook by die graf waargeneem het.

Dit het baie vertroosting vir ons as familie gegee.

Dan aan Avbob se werknemers vir die oprigting van die graf, dit het puik gelyk en is werklik netjies gedoen.

Die is ‘n riem onder die hart om te sien wat Avbob vir sy polishouers doen om hul smart te verlig.

Baie dankie vir julle puik diens en meegevoel met ons familie.

Dit word hoog op prys gestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button