Opinion

Rus in vrede

Sy plek by ons is leeg, maar ons weet God het 'n juweel vir Sy koninkryk kom haal.

• Stigter van Huis Eldad, Pastoor Gerrit Pretorius, skryf:

Dit is met groot hartseer dat ons almal op 24 Mei van Reneilwe Madisakeng moes afskeid neem.

Reneilwe was een van die kinders wat in die tuiste gewoon het en is skielik van ons af weggeneem.

Sy plek by ons is leeg, maar ons weet God het ‘n juweel vir Sy koninkryk kom haal.

Reneilwe is op 19 Junie 2002 gebore en in 2013 oorlede.

Ons bedank al ons donateurs vir hul volgehoue ondersteuning deur die jare, veral Nedbank Key West.

Julle is werklik ‘n steunpilaar.

Spesiale dank aan Martins Begrafnisdienste wat die begrafnis kosteloos uitgevoer het.

Net die beste diens was vir hulle goed genoeg.

Ons almal by Huis Eldad bedank julle vir dié onbaatsigtige gebaar

Mag God julle seën.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button