Opinion

Dankie vir puik diens

Dit is altyd lekker om saam met sulke mense te werk en ek wil net dankie sê aan die konsultant vir haar puik diens.

• Willem Badenhorst van Randfontein skryf:

Ek wil net baie dankie sê vir die konsultante by Nashua Mobile in Greenhills vir hulle puik diens en behulpsaamheid.

Ek het onglangs my selfoonkontrak opgegradeer en het nie regtig geweet hoe om te werk te gaan nie.

Die konsultante by Nashua Mobile het aan my verduidelik hoe hulle prosedure werk en ek kon vinnig verstaan wat die opgradering alles behels.

Ek het myself gereed gemaak daarvoor om ‘n hele paar rand in te betaal op die kontrak, maar tot my verbasing was daar geen addisionele kostes nie.

Al wat ek moes betaal is ‘n klein bedrag opgraderingskostes en binne minute was my nuwe foon in my hande.

Die konsultant was baie behulpsaam en om alles te kroon vriendelik.

Dit is altyd lekker om saam met sulke mense te werk en ek wil net dankie sê aan die konsultant vir haar puik diens.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button