Opinion

Baie dankie Mapogo

Drie van hul reaksie offisiere het dadelik na my huis toe gejaag.

• Celie Steenkamp van Dennydale skryf:

Ek was onglangs baie siek en was plat in die bed met dubbele longontsteking.

Met die longontsteking in die sisteem het ek ‘n asemnood gekry en kon glad nie asem kry nie.

Ek kon nie die ambulaansdiens kontak nie en kon ook glad nie praat nie.

Die enigste ding wat ek in staat was om te doen, is om my paniekknoppie vir Mapogo-A-Mathamaga sekuriteit te druk.

Drie van hul reaksie offisiere het dadelik na my huis toe gejaag en met hul aankoms op die plot die ambulaansdiens gekakel en selfs die ambulaans tot by my huis vergesel.

Was dit nie vir Wayne van der Westuizen, Pieter Bothma en Kobus Needham nie sou ek nie oorleef het nie.

Baie dankie vir julle puik diens en omgee vir jul medemens.

Julle is werklikwaar puik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button