Opinion

Apartheid beslis nie die oorsaak nie

Die brief getieteld 'Stop blaming apartheid' het dadelik my aandag getrek en ek stem 100 persent saam met die skrywer van dié brief.

• Marthinus Coetzee van Greenhills skryf:

Apartheid het niks met swak dienslewering te doen nie en kan nie die skuld vir alles wat verkeerd gaan in ons land kry nie.

Dit dra beslis nie die skuld vir die swak toestand van ons eens pragtige dorp nie.

Dit is beslis apartheid-diskriminasie en weens bevoordeling van sekere groepe dat die bogenoemde gebeur.

Ek glo en ek hoop dat die sprekers praat van die probleme wat na 1994 begin het, want voor dit was Randfontein ‘n pragtige dorp en alle munisipale dienste en funksies het klopdisselboom gewerk.

Dit is hoog tyd dat verantwoordelikheid gevat word in ons munisipaliteit en dat mense ophou om Apartheid te blameer.

Dit is verby!

Wat Randfontein nodig het is iemand wat die dorp sal kom regruk en nie net nog ‘n persoon wat niks doen en agter Apartheid wegkruip nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button