Opinion
Greenhills Stadion lyk goor
Ek is baie ontsteld oor die toestand waarin ons plaaslike stadion is.
• Willie Beukes van Greenhills skryf:
Ek kan nie glo hulle het al die bome in die kompleks afgesny nie. My vraag is hoekom? Hoekom bome wat al jare lank die sportsgronde vervraai nou eweskielik verwoes?
Ons as inwoners het gereeld naweke die gronde besoek om met ons honde in die koelte van dié bome te speel, golfballe te slaan en selfs net te gaan stap. Nou is daar niks van die koeltebome oor nie.
Behalwe vir die feit dat dit tot onglangs ‘n heerlike plek was om bietjie te gaan stap en speel, lyk die gronde nou kaal. Die bome het niemand gepl nie en het ook bygedra tot skoon suurstof in ons besoedelde dorp.
Nou is daar niks, ek kan nie glo iemand doen so iets nie. Dit is werklik ‘n skande.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.