Opinion

Lourens Groenewald kom kuier by gemeente

Op Saterdag 3 Augustus bied ons gemeente 'n Bybellees Marathon aan.

• Juanita Oliver van die Emmanuel Aanbiddingsentrum in Randgate skryf:

Ons hier by Emmanuel Aanbiddingsentrum is baie opgewonde oor die eerste nawwek in Augustus.

Op Saterdag 3 Augustus bied ons gemeente ‘n Bybellees Marathon aan.

Die geleentheid sal op 6vm afskop en tot 6nm duur. Die doel van die geleentheid is om fondse in te samel vir ons boufonds. Mense wat wil donasies gee is welkom om vir pastoor Stephen Oliver by 082 219 1494 te kontak.

Na afloop van ons Bybel lees Marathon, sal ons gemeente ook op 4 Augustus vir Lourens Groenewald by ons gemeente verwelkom. Ons nooi ook die gemeenskap om die geleentheid saam ons te kom deel. Lourens se optrede sal om 9.15vm afskop.

Vir meer inligting, skakel my gerus by 074 526 6391.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button