Bejaardes wees waaksaam
Ek was self 'n slagoffer en moet nou die maand sien en kom klaar sonder my pensioen.
• Miena Visser van Vriendskapstuiste skryf:
Ons as bejaardes is maandeliks verplig om ons pensioen by Shoprite in Randfontein te gaan haal.
Ons kan ook net ons pensioen bekom mits ons iets by dié winkel koop.
Toe ek my pensioen op 6 Augustus gaan haal het, het ek by Shoprite ingegaan om ‘n paar goedjies te koop.
Ek het by die kouevleisrak gestaan toe twee mans by my kom staan, kamtig om my raad te gee oor watse koue vleis om te koop.
Later, toe ek by die betaalpunt kom, merk ek dat my beursie met my hele pensioen uit my handsak uit gesteel is.
Ek het dadelik die bestuurders van die winkel genader om op hul kameras te kyk wie die beursie gesteel het.
Die bestuurder het my ingelig dat die winkel nie oor ‘n kamerasisteem beskik nie en kon dus nie vasstel wie my beursie gesteel het nie.
Ek rig die brief aan elke bejaarde wat maandeliks die winkel besoek om op hul hoede te wees teen sulke verdagte mense. Hou jou besittings veilig en moet nie vreemdelinge vertrou nie.



