Lekker verrassing by plaaslike speelgoed winkel.
Julle vriendelike diens en behulpsaamheid was regtig 'n plesier.
• Wayne Kleinhans van Randfontein skryf:
Van kleins af bou ek en my pa al skaalmodelkarre, maar deesdae is dit amper onmoontlik om dié modelle op te spoor. Ek en my vriend het verlede week toevallig verby Gladiator Toys and Hobbies in Randgate gery en besluit om vinnig in te loer.
Behalwe vir die vriendelike diens, was beide ek en my vriend verbaas om te sien hoeveel speelgoed die winkel verkoop. Na ‘n lang kuiertjie in die winkel kom ons toe op die bou modelle af.
Ons al twee was in die wolke toe ons die rak gewaar, van vliegtuie, bote en ruimtetuie tot modelkarre, als op een rak. Ons het dadelik vir ons elkeen ‘n paar van dié modelle aangeskaf.
Ons wil net baie dankie sê aan die bestuur van die winkel, julle vriendelike diens en behulpsaamheid was regtig ‘n plesier. Ons sal binnekort weer kom oë wys.



