Rioolprobleem maak ons mal
Vir jare lank is daar verskeie probleme wat opduik en ons stadsraad doen net bloot niks om die probleme op te los nie.
• Willem Botha van Greenhills skryf:
Vir die afgelope week is daar ‘n enorme stank wat in die lug hang. Ons as Greenhills inwoners kan skaars leef met die reuk wat aan alles kleef.
Ons as inwoners het bietjie rondgevra en uitgevind dat die rioolplaas se damme blykbaar oorloop weens die feit dat die pompe nie werk nie. Dit is werklik ‘n skande. Ek kan nie dink dat riool al ooit ‘n probleem in ons dorp was nie.
Die munisipaliteit moet die probleem oplos. Dit is nie net ‘n aaklige reuk nie, maar dit kan ook lei tot allerhande siektes en virusse. Ek stel voor die stadsraad doen iets omtrent die probleem.
Genoeg is nou genoeg. Vir jare lank is daar verskeie probleme wat opduik en ons stadsraad doen net bloot niks om die probleme op te los nie.



