Opinion

Dankie aan almal se ondersteuning

Ons wil graag 'n beroep op die gemeenskap doen om 'n ouma en oupa aan te neem en hulle met 'n maandelikse bedrag van R120 te help.

• Corrie van Loggerenberg van Adonia Angels Project skryf:

Namens al ons lede wil ons elke persoon en besigheid hartlik bedank vir hul bydrae en al die borgskappe wat ons ontvang het tydens die Mej Adonia Angels 2013.

Met behulp van die besighede en individue in die gemeenskap van Randfontein kon ons genoeg fondse insamel met die gala aand.

Dié fondse word gebruik om behoeftige bejaardes in ons bejaardetuistes en gemeenskap te ondersteun indien nodig.

Ons wil graag ‘n beroep op die gemeenskap doen om ‘n ouma en oupa aan te neem en hulle met ‘n maandelikse bedrag van R120 te help.

Die geld sal gebruik word om hul nodige toiletware en ander noodsaaklikhede te koop.

Indien daar enigiemand in die gemeenskap is wat voel hulle wil ‘n bydrae lewer, kan hulle my gerus by adoniaangels@gmail.com kontak.

Laastens wil ons net baie dankie sê aan Susan Vorster vir die pragtige brief wat sy in die Randfontein Herald geskryf het.

Die positiewe terugvoer beteken vir ons werklik baie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button