Wees deel van testament week
Dit is altyd 'n goeie idee om jou testament vroeg in jou lewe op te laat stel.
• Ulrika Grobler van Truter Crous en Wiggell prokureurs skryf:
Die Nasionale Testamentweek strek vanaf 7 tot 11 oktober 2013 waartydens die mense van ons dorp en gemeenskap die prokureursfirmas wat deel van dié week uitmaak kan besoek om hul testamente gratis op te stel.
Truter Crous en Wiggill prokureurs is elke jaar deel van die week en beskik oor uiters professionele prokureurs en kollegas om te help.
Diegene wat van die geleentheid wil gebruik maak is meer as welkom om ons kantore te kom besoek.
Dit is altyd ‘n goeie idee om jou testament vroeg in jou lewe op te laat stel.
Dit bring gemoedsrus en die wete dat jou familie goed versorg is as jy moet afsterf.
Vir meer inligting oor die testament week, skakel ons kantore by 011 692 1640.



