Matrieks gereed vir eksamen
Ons het tydens die afgelope rekordeksamen gesien dat die leerlinge goed voorberei het, en ek glo van harte dat elke leerling met die selfde ywer die eindeksamen gaan aanpak.
• Hoof van Hoërskool Jan Viljoen, Julius Katzke skryf:
Elke matriek leerlinge regoor die land het onglangs hul rekordeksamen voltooi en nog een groot eksamen bly oor.
Ek wil elke leerling aanmoedig om uit te hou en hard te leer, want dit is in dié laaste oomblike van jou skoolloopbaan waar jou deursettingsvermoë die meeste tel.
Ons het tydens die afgelope rekordeksamen gesien dat die leerlinge goed voorberei het, en ek glo van harte dat elke leerling met die selfde ywer die eindeksamen gaan aanpak.
Jy as matriekleerling is nou aan die einde van ‘n hoofstuk in jou lewe en die wyse waarop jy dié hoofstuk afsluit, gaan bepaal hoe jou volgende hoofstuk begin. Maak nou die regte keuses en volhard tot die einde toe, jy sal die vrugte daarvoor pluk.
Ek bid dat elke matriek leerling toegerus sal word met die nodige krag en insig om die jaar te voltooi. Leer hard en hou altyd jou oë op God dan sal dit met jou goed gaan.
Geniet die vakansie wat voorlê, rus uit en kom volgende kwartaal terug skool toe met een doel: om jou skoolloopbaan op ‘n hoë noot af te sluit.



