Opinion

Ongelukkig oor hondeteler

Dis met 'n baie seer hart wat ek die brief skryf en ek dink die saak moet verder gevat word dat ander mense nie in dieselfde struk trap wat ek in getrap het nie.

• Anoniem van Randfontein skryf:

Dis met ‘n baie seer hart wat ek die brief skryf en ek dink die saak moet verder gevat word dat ander mense nie in dieselfde struk trap wat ek in getrap het nie.

Ek het gereageer op ‘n advertensie op Gumtree vir ‘n Kusa geregistreerde hondjie.

Die teler is van Randfontein, en ek kon my geluk nie glo nie. Ek maak toe ‘n afspraak om na die hondjie te gaan kyk. Hy het net baie klein hondjies gehad. Die hondjies was ongeveer vyf dae oud. Ek besluit toe om deposito van R1 000 te gee op die enigste tefie.

Toe die kleintjies vier weke oud is, het ons weer gaan kyk om sodoende ons kleintjie te merk. Toe ons die kleintjie op tel toe huil sy vreeslik. Op 29 Augustus bel die teler my en sê ek moet my hond kom haal want sy byt almal uitmekaar uit.

Ek vra toe of sy al haar inspuitngs gehad het, ja sê hy, hy gaan die inspuitings haal en ek kan die hondjie die volgende dag kom haal.

So betaal ons die res van die geld, R3 000 in sy vriendin se bankrekening in.

Toe ek daar aankom toe speel die kleintjie daar rond, maar die magie is ongemaklik groot, nee sê hulle sy het haar ooreet. Maar so stap daar ook een van die volwasse honde verby met seer plekke om die nek. Waarop die teler vertel dat die honde baklei en mekaar gebyt het.

Toe my man die aand by die huis kom is die maag nog net so groot en sy haal swaar asem, so wik en weeg ons of ons moet veearts toe moet gaan. Sy speel tog te lekker maar die maag sak nie en die asem word ook nie beter nie, maar sy lyk nie siek nie.

Die Woensdag oggend kom sy nie self uit haar mandjie uit nie, en sy lyk of sy in `n dwaal is. Ons jaag toe met haar veearts toe en na ‘n lang gesukkel sterf die hondjie toe in die hospitaal.

Nou beweer die teler ons het die hondjie mishandel en dis hoekom sy dood is. Hy laat toe `n nadoodse ondersoek doen by `n ander veearts, want hy wil nie Onderstepoort toe ry nie dis te ver. Volgens albei dokters was daar geen trauma aan die ligaam nie en hulle kan nie bepaal hoekom sy dood is nie. Die teeler weier om my hondjie te vervang want hy is bang hy loop die selfde pad, maar wil ook nie my geld terug gee nie.

Hy gee goeie, skoon telers in ons omgewing `n slegte naam . Hy verdien dit nie om `n Kusa teeler genoem te word nie, want hy kom nie Kusa reels na nie.

Die inspuitings wat hulle self toedien het verval en die hondjie is nie na ‘n veearts geneem nie, so hoe kan ek seker wees ek het `n gesonde hondjie gekoop, hy is nie `n veearts nie

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button