Randfontein matrieks lyk pragtig
As julle soveel moeite doen met die eksamen soos julle met die matriekafskeid gedoen het, sal dit net goed gaan.
• Daleen Wilters van Randfontein skryf:
Die afgelope paar weke was weer matriekafskeid tyd in Randfontein en ‘n jaar van beplanning het finaal tot ‘n eide gekom.
Ek was gelukkig genoeg om beide Hoërskool Jan Viljoen en Hoërskool Riebeeckrand se afskede by te woon en te kyk hoe die jongklomp aangetrek het.
Elkeen van die leerlinge het baie mooi gelyk en ek wens elkeen van hulle geluk met die puik kleredrag. Elkeen het oorspronklik aangetrek en pragtig glyk. Die meisies het baie moeite gedoen en die manne het werklik uitgevat gelyk.
Maar nou met die matriekafskeid agter die rug, is daar nog een groot eksamen wat op julle wag. Ek glo, hoop en vertrou dat elkeen van dié matriekulante hard sal leer en ten volle voorbereid sal wees vir die eksamen, sterkte met dit eksamen wat voorlê.



