Opinion

Steeds verlief na 66-jaar

Al die kinders is baie dankbaar vir die Here se genade en seën op dié huwelik.

• Karin Diederichs van Randfontein skryf:

Martiens en Marie Pretorius van Helikonpark het op 27 September hul 66ste huweliksherdenking gevier en is steeds so verlief soos wat hulle op dag een was.

Dié egpaar woon die afgelope 17-jaar in Randfontein, na ‘n vol lewe in die Vrystaat.

Uit die huwelik is daar sewe kinders gebore en hulle spog reeds met 18 kleinkinders, sewe agter- en twee agter-agter kleinkinders.

Al die kinders is baie dankbaar vir die Here se genade en seën op dié huwelik.

Martiens en Marie is beslis ‘n puik voorbeeld van ‘n gesonde huwelik en ons as hul kinders, kleinkinders en agterkleinkinders is almal dankbaar vir die mooi voorbeeld wat die egpaar vir ons stel

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button