Tuindienstes wees op jul hoede
Moet ook nie tweedehandse toerusting by iemand koop nie, want dit is moontlik gesteelde goedere.
• Corrie van Randfontein skryf:
Graag wil ek net al die tuindienste ondernemings waarsku om op die uitkyk te wees.
Ons tuindienste onderneming het nou al twee keer in September deurgeloop onder diefstal, waar ons grassnyers, besems, harke en ander toerusting van ons bakkie afgesteel word terwyl die werkers besig is om tuine skoon te maak.
Beide gevalle het in Greenhills plaasgevind.
Ek het ook verneem dat ‘n tuindienste onderneming sy hele sleepwa met alles op verloor het nadat hy die sleepwa voor die tuin waar hy besig was om skoon te maak gestop het, en iemand die sleepwa gehaak en weggery het.
So wees net op die uitkyk sodat niemand jou toerusting steel nie.



