Opinion

Slaggate steeds ‘n probleem

Dit het tot dusver nog nie baie in Randfontein gereën nie en die paaie het al klaar begin verswak.

• Wian Cloete van Randfontein skryf:

Randfontein se paaie is steeds in ‘n haglike toestand en met die reënseisoen oppad kan ‘n mens nie anders as om te wonder of die plaaslike munisipaliteit gereed is om die paaie tydens die reënseisoen in stand te hou nie.

Ek het onglangs in Greenhillslaan afgery toe ek deur ‘n enorme slggaat verras is.

Gelukkig het my voertuig nie skade opgedoen nie, maar dié slaggat sal moet herstel word.

Dit het tot dusver nog nie baie in Randfontein gereën nie en die paaie het al klaar begin verswak.

Nou wonder ek of ons plaaaslike munisipaliteit al gereed is om die paaie in goeie kondisie te hou wanneer dit regtig baie begin reën.

Ek hoop van harte dat die bestuur van die munisipaliteit al begin dink het hoe om die paaie tydens dié tyd in stand te hou, anders het ons weer groot probleme soos in vorige jare.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button