Opinion

Donker strate ‘n gevaar

Gaan daar eers ‘n onskuldige lewe geëis moet word voor daar gehoor gegee gaan word?

• Dirk du Preez van Homelake skryf:

Ons bly nou al vir die afgelope 15 jaar in Homelake en vir die afgelope twee jaar sit ons met die probleem dat die straatligte in die aand nie werk nie.

Dit hou vir ons as bejaardes in die ongewing baie gevaar in, want indien ons besluit om in die aand na vriende of familielede toe te ry om ‘n koppie koffie te gaan drink, stel dit ons lewens in gevaar wanneer ons terugkeer na ons wonings.

In die aand is die hele straat stikdonker en ons kan glad nie vasstel wat in die omgewing rondom ons aangaan nie.

Dit is kommerwekkend om te sien hoe min aandag die munisipatiteit aan dié probleem skenk aangesien daar gebiede in Randfontein is waar die straatligte 24 uur per dag brand.

Wat is die probleem, en wanneer gaan iemand die probleem aanspreek?

Gaan daar eers ‘n onskuldige lewe geëis moet word voor daar gehoor gegee gaan word?

Wat ookal die geval is, dit kan nie so aangaan nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button