Opinion

Dankie vir die herstel van ons paaie

Ek wil net elke munisipale werker bedank vir hul harde werk om die paaie te herstel.

• Reinette Grobler van Greenhills skryf:

Dit is vir my werklik ‘n riem onder die hart om te sien dat ons plaaslike munisipaliteit soveel moeite doen om ons dorp se paaie te herstel.

Randfontein se paaie is gewoonlik deurtrek van slaggate na ons eerste groot reën, maar vanjaar is die Randfontein Munisipaliteit hard besig om ons paaie op te knap en die gate te herstel.

Ek wil net elke munisipale werker bedank vir hul harde werk om die paaie te herstel.

Dit is regtig lekker om die paaie te gebruik en te sien dat die slaggate reggemaak word.

Daar is hoewel nog talle gate wat herstel moet word, maar ek het volle vertroue in die munisipaliteit om die goeie werk vol te hou en al die gate te herstel voor dit handuit ruk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button