Opinion

Fredalaan ‘n seer oog

Dit is 'n baie seer oog vir ons as inwoners en 'n negatiewe beeld vir mense wat Randfontein besoek.

• Kobus le Roux van Homelake skryf:

Met die groot hoeveelheid reën wat Randfontein oor die afgelope paar weke geniet het, is Fredalaan in Homelake deesdae ‘n seer oog in die dorp.

Die stuk grond langs die treinspoor dien al vir jare as ‘n stormwaterweg en as dit klaar gereën het lyk dié area soos ‘n rivier, maar met die groot hoeveelheid besoedelling wat die dorp moet deurmaak, spoel al die rommel saam met die water die gebied deur en wanneer die water opdroog lyk die sypaadjie tussen Fredalaan en die treinspoor soos ‘n stortingsterein.

Dit is ‘n baie seer oog vir ons as inwoners en ‘n negatiewe beeld vir mense wat Randfontein besoek, daarom doen ek ‘n beroep op ons plaaslike munisipaliteit om die area skoon te maak en op te knap.

Dit sal ook baie help indien die munisipale werkers die bron van die massas rommel kan skoonmaak, aangesien daar net weer rommel in Fredalaan gaan beland met die volgende reën.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button