Opinion

Wat ‘n grusame daad

Nie eers 'n dier verwerp sy pasgebore kleintjie nie.

• Anita van Westonaria skryf:

Ek het verlede week die storie op looklocal Randfontein gelees, aangaande die baba wat in ‘n buitetoilet gevind is.

Dit is werklik grusaam.

Nie eers ‘n dier verwerp sy pasgebore kleintjie nie.

Die straf in ons land moet begin om gelykstaande te wees aan die oortreding.

Dié ma los ‘n klein mensie wat nie vir homself kan sorg nie om dood te gaan van die honger.

Soos in die Bybelse tyd moet mense begin verban word uit die samelewing, en daar ‘n eensame, honger dood sterf.

As jy nie kan sorg vir ‘n kindjie nie, gee die staat vrye toegang tot ‘family planning’ of gaan dan net hospitaal toe en los die mensie daar vir die welsyn.

Ek wil nie oordeel nie, maar watter tipe ma doen dit?

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button