Opinion

Knap gedaan Ben

So baie sien ons dat sportmanne bloot net vir die geld 'n sport beoefen, maar Ben, mens kan sien dit is jou passie en ek glo dat jy volgende jaar die nuwe rekord houer in die GT reeks sal wees.

• Pieter Coetzee van Randfontein skryf:

Ek volg nou al die afgelope jaar of wat al die artikels in die Herald oor Ben Morgenrood en wil graag die geleentheid gebruik om hom geluk te wens.

Dit is werklik inspirerend om te sien dat ‘n man van Ben se ouderdom steeds die wilskrag het om so goed in motorsport te presteer.

Ben is nie net ‘n ikoon in Randfontein en in motorsportkringe nie, maar hy is ook ‘n rolmodel vir jonger manne wat by die sport wil betrokke raak.

Dit is werklik ‘n riem onder die hart om te sien dat daar nog sportmanne is wat streef daarna om die beste in sy gekose sportsoort te wees.

So baie sien ons dat sportmanne bloot net vir die geld ‘n sport beoefen, maar Ben, mens kan sien dit is jou passie en ek glo dat jy volgende jaar die nuwe rekord houer in die GT reeks sal wees.

Alle sterkte met jou voorbereiding vir volgende seisoen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button