Opinion

Geniet jul vakansie na die eksamens

Ek glo dat elke matriekleerling in Randfontein goeie resultate sal ontvang en wat ookal die toekoms vir julle inhou, hou vas aan God se hand.

• Righardt oosthuizen van Homelake skryf:

Die matriekeksamens is nou kant en klaar en daar lê meer as ‘n maand van vakansie vir ons matrikulante voor, voor hulle hul resultate in Januarie ontvang.

Ek wens elke matriekleerling geluk.

Julle is klaar met 12-jaar van skool en die toekoms is wat jy daarvan gaan maak, maar na ‘n uitputtende eksamen, hoop ek elke matriekleerling geniet die vakansie en rus lekker uit, want in 2014 is dit tyd om die grootmenslewe te betree.

Ek glo dat elke matriekleerling in Randfontein goeie resultate sal ontvang en wat ookal die toekoms vir julle inhou, hou vas aan God se hand.

Gee jou beste en die toekoms sal vir jou net voorspoed inhou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button