Opinion

Knapgedaan Angels Unleashed

Ek was aangenaam verbaas om te sien met hoeveel emosie dié jeugdiges die produksie aangebied het en dit het my beslis geraak.

• Victor Basson van Randfontein skryf:

Vriende van my het my verlede Sondagaand, 24 November, genooi om saam met hulle na ‘n produksie by die AGS Greenhills te gaan kyk.

Ek was baie skepties oor die geleentheid, maar het toe ingestem om saam met hulle te gaan.

Met ons aankoms by die kerk, het ‘n groep jongmense ons met ‘n vriendelike glimlag by die deur verwelkom en dadelik laat welkom voel.

Later het ek uitgevind dat die jeuggroep van dié gemeente, wat glo as Angels Unleashed bekend staan, die produksie aanbied en kort voor lank het die ligte afgegaan en verskeie talentvolle jeugdiges het die verhoog betree.

Ek was aangenaam verbaas om te sien met hoeveel emosie dié jeugdiges die produksie aangebied het en dit het my beslis geraak.

Soveel keer word ons as mense met probleme belas wat ons nie kan hanteer nie en dit het ‘n spesiale groep jongmense gevat om my te laat sien dat my swakheid ‘n geleentheid is vir God om Sy krag te wys.

Ek haal my hoed vir julle af.

Julle is voorwaar ‘n besonderse groep jongmense en ek glo vas dat julle ‘n groot boodskap vir Randfontein het.

Hou aan met die werk wat julle doen.

Baie dankie vir ‘n puik boodskap wat nie net my hartsnare geroer het nie, maar wat my laat dink het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button