Opinion

Wees waaksaam die feesseisoen

Daar is jaarliks gevalle waar jou beursie uit jou sak uit gesteel word, of jou selfoon uit jou handsak uit verdwyn en talle ander gevalle.

• Vincent Grobler van Helikonpark skryf:

Dit is weer die aanbreek van die feesseisoen en terwyl jy daarna uitsien om dié tyd saam met jou geliefdes te spandeer, is dit weer ‘n tyd van die jaar waar diefstal en roof ons almal in die gesig staar.

Wees waaksaam terwyl jy en jou gesin jul inkopies doen.

Daar is jaarliks gevalle waar jou beursie uit jou sak uit gesteel word, of jou selfoon uit jou handsak uit verdwyn en talle ander gevalle.

Daarom doen ek ‘n beroep op die gemeenskap om altyd op te let wat om hul aangaan.

Wees versigtig en kyk gereeld of al jou kosbare besittings steeds op hul plek is wanneer jy in ‘n winkelsentrum rondstap.

Moet nie dink ‘dit sal nooit met my gebeur nie’, enigiemand kan die slagoffer wees van ‘n roof en veral wanneer jy in ‘n besige winkelsentrum is, is dit moeilik om op te merk wanneer jou beursie, foon of handsak weg is.

Daarom hou dié goed altyd naby en moet nooit laat dit uit jou sig wees nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button