Opinion
Nuwe jaar, nuwe begin
Ek wil elke inwoner van Randfontein aanmoedig om vanjaar met God se hand in joune in te gaan. Want as God aan jou kant is, kan niemand jou teenstaan nie.
• Kobus Havenga van Helikonpark skryf:
Met 2013 nou net ‘n herinnering, het ons nog ‘n jaar wat voorlê en alhoewel dit vir sommiges na ‘n bleek jaar lyk, wens ek dat 2014 vir elke Randfontein inwoner ‘n jaar van voorspoed, liefde en geluk sal wees.
Dit is amper weer tyd vir al die sportklubs, skole en besighede in die gemeenskap om hul deure te open en ek glo dat 2014 vir Randfontein baie hoogtepunte sal inhou.
Aan elke sportman- en -vrou; hou vanjaar jou dorp se naam hoog en presteer in alles wat jy doen.
Moet nie fokus op dit wat verby is nie, maar eerder op dit wat voorlê. Sodoende kan 2014 net ‘n sukses wees.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



