Opinion

Gatvol vir slaggate

Waar gaan al die belastinggelde heen dat hulle nie eens teer kan bekostig nie?

• Raadslid Sina Erasmus skryf:

Ek dink ons almal in Randfontein is al gatvol vir al die slaggate en die beherende party wat die ANC is, is besig om ons as belastingbetalers te paai deur die slaggate met sand toe te maak.

Dit is belaglik.

Waar gaan al die belastinggelde heen dat hulle nie eens teer kan bekostig nie?

Ons as DA-raadslede vra almal in die gemeenskap om op 8 en 9 Februarie 2014 na hul betrokke stemlokaal te gaan en seker maak dat hulle wel op die kiesserslys is.

Indien jy nie gerigistreer is nie, bring jou groen ID Boekie saam en kom registreer.

Ons kan die Gauteng Provinsie wegvat van die ANC maar ons het elke liewe stem in Gauteng nodig om dit te bereik.

Kom ons staan saam en wen vanjaar die verkiessing sodat die DA ‘n baie beter diens aan die belastingbetalers in Gauteng en in Randfontein kan lewer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button