Hoof van verkeer moet intree
• Hans Visser van Greenhills skryf: Daar is onglangs in die Randfontein/ Westonaria Herald gespog met die sowat 500 boetes wat vir sogenaamde verkeersoortredings gedurende die 2013 feesgety uitgeryk is. Die foto by dié storie toon duidelik hoe ‘n welgeklede paar motorfietsryers deur ‘n verkeersbeampte gekonfronteer word. Die lyftaal van die ryers toon ook baie …
• Hans Visser van Greenhills skryf:
Daar is onglangs in die Randfontein/ Westonaria Herald gespog met die sowat 500 boetes wat vir sogenaamde verkeersoortredings gedurende die 2013 feesgety uitgeryk is.
Die foto by dié storie toon duidelik hoe ‘n welgeklede paar motorfietsryers deur ‘n verkeersbeampte gekonfronteer word.
Die lyftaal van die ryers toon ook baie duidelik die misnoë met betrekking tot dié daad. Natuurlik is hulle op ‘n lukrake wyse gestop.
Verder word daar berig hoeveel bestuurders beboet is vir redelike ernstige tot feitlik sinnelose oortredings.
Ek is woonagtig in Greenhills en daagliks moet ek toesien hoe verwaande en onbekwaamde skoolkinders met enige soort onpadwaardige veld-, vierwiel- en pitmotorfiets die wêreld vol jaag, al op ons alreeds stofuitgetrapte en erg-verwaarlose sypaadjies en selfs voor motorvoertuie in.
Ek het al kruis en dwars hieroor gekla.
Kenny Mampondo, u afdeling is absoluut onbekwaamd om hierdie euwel hok te slaan.
Die verkeersafdeling van Randfontein het nie ‘n waterdigte en verrasende plan van aksie daarteen nie.
Tweedens, is dit nie een van u take as hoof van Randfontein se verkeersafdeling om u stem dik te maak teen die huidige haglike toestand van die dorp se paaie, sypaadjies en stoptekens nie?
Los die gespoggery oor hoeveel kaartjies uitgeskryf is en dwing u respek af deur die Herald uit te nooi om fotos te neem waar u departement daadwerklike oortreders vasvat en ons dorp se paaie ensovoorts weer opgradeer.
Dié aksie wat ons as inwoners se moraal weer van ‘Kenny sal respek afdwing’, sal oplig.



