Opinion

Ons Graad 1 leerlinge lyk pragtig

Ek was verbaas om te sien hoeveel moeite die Herald gedoen het om die nuwe Graad 1 leerlinge aan die gemeenskap voor te stel.

• Francis Laubscher van Randfontein skryf:

Kort nadat die skole vir die nuwe jaar geopen het, het ek die Randfontein/ Westonaria Herald onder oë gekry en was werklik verbaas om te sien hoeveel moeite die Herald gedoen het om die nuwe Graad 1 leerlinge aan die gemeenskap voor te stel.

Alhoewel daar nie baie fotos in die koerant was nie, het die Herald span vir ons as lesers ook die geleentheid gegee om op looklocal meer fotos van ons pragtige Graad 1 leerlinge te sien.

Ek is baie opgewonde oor die jaar wat voorlê en weet dat die groep Graad 1 leerlinge van Randfontein werklik ‘n indruk by hul verskeie skole sal maak.

Julle lyk almal pragtig in julle skoolklere en dit maak my opgewonde om te sien hoe gretig julle is om julle skoolloopbaan te begin.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button