Verkeersboetes word nie reg hanteer nie
Ewe skielik word die boetes sommer by die huis in die posbus gegooi.
• André Pretorius van Randfontein skryf:
Ek wil graag die inwoners van die Wes-Rand bewus maak daarvan dat verkeersdepartemente aan die Wes-Rand, Krugersdorp onder andere, verkeersboetes op die verkeerde wyse hanteer en selfs by jou huis aflaai.
Ek is alreeds in besit van drie boetes wat op dié wyse by my afgelewer is.
Die een het ek ontvang op 18 Desember 2013 ontvang en op 22 Januarie 2014 weer twee.
Ek dink dié twee is aanmanings vir die eerste een wat ek reeds in Desember ontvang het, want hy is nie betaal nie en ek weier om hom te betaal.
Geen een van hulle is oopgemaak deur my nie , hulle is in venster koevertjies en mens kan duidelik sien dis verkeersboetes.
Ek het slegs buite op die koevert geskryf wanneer ek hulle ontvang het en op watter manier ek dit ontvang het.
Niks van ons pos gaan ooit na ons huisadres toe nie aangesien ons al baie jare ‘n privaat posbus in Randfontein het.
Ewe skielik word die boetes sommer by die huis in die posbus gegooi.
Sover my kennis strek , moet dié verkeersboetes per geregistreerde pos aan jou gestuur word en jy moet dit by jou plaaslike poskantoor afhaal, jou ID dokument toon en daarvoor teken.
Dit is wat die Aarto wet bepaal.



