Opinion

Opgewonde oor die opkomende skou

Ek persoonlik kan nie wag vir vanjaar se skou om aan te breek nie.

• Retha Bester van Homelake skryf:

Jaarliks is die Randfontein skou ‘n hoogtepunt op die dorp se kalender en ek persoonlik kan nie wag vir vanjaar se skou om aan te breek nie.

Talle mense kla jaarliks dat die skou net weer die selfde gaan wees, maar ek persoonlik dink die organiseerders van die gesogte geleentheid doen baie moeite om vir ons jaar na jaar top klas vermaak te reël en om alles te kroon teen pryse wat almal kan bekostig.

Die familie skou sien my jaarliks vir die afgelope 20-jaar en alhoewel daar talle dinge is wat nie verander het oor die jare nie, verkies ek dit so, dit gee jou die geleentheid om die goed te ervaar wat jy gemis het tydens die vorige skou, maar bied jou ook die geleentheid om nuwe dinge te probeer en te ervaar.

Alhewel ek ‘n paar dinge anders sou doen, is ek elke jaar opgewonde oor die skou en sien weer vanjaar uit om my kinders en kleinkinders te vat om ‘n dag by die Randfontein Skou te geniet.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button