Opinion

Reënseisoen wek kommer oor paaie

Wat 'n oorspronklike manier om die paaie te 'herstel'.

• Lee-Anne Swart van Helikonpark skryf:

Met die groot hoeveelhede rën wat Randfontein die afgelope tyd geniet het, is daar weer masiewe slaggate regoor Randfontein en ek kan nie help om te wonder hoe lank die plaaslike munisipaliteit gan neem om die gate te herstel nie.

Ons almal is baie dankbaar vir die reën en ek persoonlik geniet die geluid van die sagte reen op ons huis se dak, maar aan die ander kant is ek bekommerd oor die impak wat die reën op ons paaie het.

As die plaaslike munisipaliteit se herstelwerk van ons paaie oor die laaste maand of wat enigsins ‘n indikasie is van hoe hulle die paaie gaan hertel, is ek bevrees ons as inwoners van Randfontein gaan binnekort grondpaaie hê, want deesdae word die slaggate mos net met grond gevul.

Wat ‘n oorspronklike manier om die paaie te ‘herstel’.

Ek wonder of die plaaslike munisipaliteit al ooit gedink het hoeveel werk hulle vir hulself maak, want oor ‘n week of drie is al die grond wat hulle in die gate gesmuit het weer uitgery en die gat wat hulle kamma herstel het is weer duidelik sigbaar en weereens ‘n gevaar vir motoriste.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button