Opinion

Steeds in die donker

Wat is die probleem en wanneer gaan iemand die probleem aanspreek?

• Susan Oosthuizen van Homelake skryf:

Ek het al vantevore oor dié probleem gekla en niks word daaraan gedoen nie.

Ons bly nou al vir die afgelope 15 jaar in Homelake en sedert 2011 sit ons met die probleem dat die straatligte in die aand geensins werk nie.

Dit hou vir ons as bejaardes in die ongewing baie gevaar in, want indien ons besluit om in die aand na vriende of familielede toe te ry om ‘n koppie koffie te gaan drink, stel dit ons lewens in gevaar wanneer ons terugkeer na ons woning.

In die aand is die hele straat stikdonker en ons kan glad nie vasstel wat in die omgewing rondom ons aangaan nie.

Dit is kommerwekkend om te sien hoe min aandag die munisipatiteit aan dié probleem skenk aangesien daar gebiede in Randfontein is waar die straatligte 24 uur per dag brand.

Nou vra ek wat is die probleem en wanneer gaan iemand die probleem aanspreek?

Gaan daar eers ‘n onskuldige lewe geëis word voor daardat daar gehoor gegee gaan word of moet ons wag vir ‘n raadslid om in die gebied te kom bly voor die raad iets daaraan gaan doen?

Wat ookal die geval is, dit kan nie so aangaan nie en ek daag die stadsraad uit om die probleem aan te spreek, want ek weet dat ons dierbare munisipaliteit weereens net verby die probleem gaan kyk en hul fondse op onbenullighede gaan spandeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button