Opinion

Los die voëls uit

Ek skaam my oor die feit dat sulke mense geensins dink aan die gevolge wat hul aksies mag inhou nie.

• Simon Kamfer van Culemborgpark skryf:

Ek het een middag rustig in my huis gesit toe ek geluide hoor wat soos geweerskote klink.

My hond het dadelik begin blaf en ek het uitgestorm om ondersoek in te stel.

Toe ek buite kom toe sien ek dat ‘n man met ‘n 4×4 bakkie langs die heining van die Con Joubert Voëlpark gestop het en op die tarentale skiet.

Ek kon nie glo dat iemand dié klas van kattekwaad aanjaag nie.

Daarom doen ek ‘n beroep op die gemeenskap om die voëls in dié park uit te los, hulle pla jou nie.

En indien ‘n persoon in elk geval die voëls raakskiet, is daar geen manier vir jou om hulle te bereik nie.

Dus gaan hulle net daar lê en vrot.

Ek skaam my oor die feit dat sulke mense geensins dink aan die gevolge wat hul aksies mag inhou nie.

Die res van die gemeenskap moet ook op die uitkyk wees vir mense wat dié klas van dade pleeg.

Indien enigiemand so iets gewaar, skakel dadelik die polisie en stel hulle in kennis van die persoon en sy dade.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button