Brandstof pryse ‘n kommer
Ons maandelike begroting is net nie meer genoeg om alles te dek nie.
• Willie Brandt van Homelake skryf:
Ek kan nie glo lewenskostes raak so duur nie, en om alles te kroon gaan die brandstofpryse tydig en ontydig op.
Dit is werklik moeilik om deur die maand te kom met die hoë petrolpryse.
Ons maandelike begroting is net nie meer genoeg om alles te dek nie.
Ek wens net dat dié prys met ‘n rand of twee kan daal, sodat dit weer ‘n plesier kan wees om in jou kar te klim, want op die stadium ry ek net wanneer dit absoluut nodig is.
My kinders is al so geirriteerd met my, want daar is bloot net nie meer brandstof om op ‘n Sondag na kerk na ‘n rustige plek toe te ry vir ‘n lekker dag saam met die gesin uit nie.
Ons het altyd oor die naweek in die kar geklim en net gery.
Daar waar ons dan opeindig het ons gebraai en saam baljaar, maar voor dit weer gaan kan gebeur, ry ons maar in Jan Tuisbly se karretjie.
Verder hoop en bid ons maar net dat die brandstofprys weer in die nabye toekoms daal.



