Opinion

Paaie weer ‘n plesier

Alhoewel daar nog paaie in Randfontein is met slaggate, is die meeste van die paaie weer herstel en is dit weer 'n plesier om in Randfontein rond te ry.

• Hennie Kruger van Randfontein skryf:

Die afgelope paar maande het ons almal in Randfontein baie probleme met die paaie gehad.

Dit was vol slaggate en ons as motorsite moes behoorlik ons storie ken agter die stuurwiel om nie ons karre in een van dié gate te kry nie, maar dit is alles iets van die verlede.

Alhoewel daar nog paaie in Randfontein is met slaggate, is die meeste van die paaie weer herstel en is dit weer ‘n plesier om in Randfontein rond te ry.

Ek wil vir die Randfontein Plaaslike Munisipaliteit dankie sê dat hulle die gemeenskap se nood gesien het en die paaie herstel het.

Ek hoop van harte dat hulle die paaie nou in so ‘n goeie toestand gaan hou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button