Opinion

Randfontein Munisipaliteit kan by Westonaria leer

Die gras op die eilande tussen die hoofpaaie word ook kort en netjies gehou. Westonaria se CWP-werkers staan nie vir ure onder dieselfde bome en niks doen soos Randfontein se CWP-werkers nie.

• Hannelie Visser van Randfontein skryf:

Ek woon al vir ‘n geruime tyd in Randfontein en is die eienaar van ‘n klein besigheid in Glenharvie, Westonaria. Beide Westonaria en Glenharvie het weekliks CWP-werkers wat regoor die gemeenskap sigbaar is.

Wanneer dié werkers in Westonaria skoonmaak kan jy duidelike resultate sien.

Daar is geen gras wat die teerpaaie oorneem nie, die gras word gereeld gesny en slaggate word binne ‘n maksimum tydperk van 10 dae herstel.

Die gras op die eilande tussen die hoofpaaie word ook kort en netjies gehou. Westonaria se CWP-werkers staan nie vir ure onder dieselfde bome en niks doen soos Randfontein se CWP-werkers nie.

Randfontein kan beslis ‘n paar lesse by dié werkers kom leer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button