Opinion

Randfontein gaan agteruit

"Ek vind dit totaal en al onaanvaarbaar."

Randfontein is vinnig besig om agteruit te gaan.

Dit lyk boonop asof die munisipaliteit niks doen om die situasie te verbeter nie. Eerstens is ons paaie steeds in ‘n haglike toestand en alhoewel die stadsraad die slaggate herstel, lyk dit asof hulle nie by alles uitkom nie – daar is steeds areas in Randfontein wat afgeskeep word.

Verder is die straatligte in die area ‘n groot kommer. Terwyl baie van die strate in Randfontein se ligte nie werk nie, is daar areas waar die lig dag in en dag uit aangeskakel bly.

Ek vind dit totaal en al onaanvaarbaar. Ek stel voor die munisipaliteit trek hul sokkies op en los dié probleme op.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button