Opinion

Sterkte met die eksamen

'Ek glo elke matrikulant sal tot die beste van hul vermoë presteer'

My dogter is tans in Graad 12 en ek kan sien dat die stres haar onder kry.

Ek probeer daagliks om haar moed in te praat en wil deur dié brief die ander gGaad 12-leerlinge in ons gemeenskap ook probeer motiveer om hul beste te gee tydens die eksamentyd.

Die rekordeksamen het reeds afgeskop en alhoewel baie leerlinge wel studeer, is daar diegene wat nie die moeite doen nie.

Ek daag elke matrikulant uit om tydens die eksamen hard te studeer en uit te blink in elke vraestel. Julle werk immers vir julle eie toekoms en jy sal in die toekoms die vrugte pluk van jou harde werk.

Baie sterkte met die eksamen wat voorlê.

Ek glo, hoop en vertrou dat elke Randfontein matrikulant tot die beste van hul vermoë sal presteer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button