Opinion

‘Dankie vir pragtige artikel’

Joe, Riaan, Christiaan en Veronique wil ook elke persoon en instansie bedank vir hul ondersteuning in hierdie hartseertyd.

• Christa Rossouw skryf:

Baie dankie vir die pragtige stuk wat jul geplaas het oor Johann en Retha Rossouw se afsterwe.

Ek wil dit net onder julle aandag bring dat Johann ook drie seuns het, wat hierdie hartseer saam met hul sussie, Veronique, verwerk. Hulle is Joe (ook Johann), Riaan en Christiaan. Al drie die seuns het in hul pa se voetspore gevolg en ook vir Randfontein Rugbyklub se eerstespan uitgedraf.

Riaan en Christiaan het hul pa verskeie male besoek in die twee dae terwyl hy in die hospitaal was, hom ondersteun en kon met hom gesels. Joe bly in die Wes-Kaap en kon Woensdag ‘n vlug na Lanseria kry. Sy pa is egter oorlede terwyl hy op pad was.

Alhoewel Retha nie hul biologiese moeder was nie, was die drie seuns baie lief vir haar.

Hierdie is ‘n tragedie waarvan die impak nie in woorde beskryf kan word nie.

Joe, Riaan, Christiaan en Veronique wil ook elke persoon en instansie bedank vir hul ondersteuning in hierdie hartseertyd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button