Wat meer moet ons doen ter wille van vrede en bestendigheid?
... vra my kleinkind na die aanranding van haar man (my swaer) weens ongewenste dwelmverkope voor sy perseel.
Sonder enige selfverheffing of eersugtigheid: My algehele familie is betrokke by gemeenskapsbouprojekte en kerklike aktiwiteite, sonder enige aardse beloning, asof hulle na ‘n beter erfdeel elders uitsien.
Charles Dickson is die orrelis van die gereformeerde kerke, Trudy Haywood is die sorggewer van die bejaardes by Trudy’s Nest en Linda Dickson is die skermvleuel van die kleuters by Little Feet Kleuterskool. Die uwe is af en toe ‘n vryskutmusikant by verskeie pinksterbedienings.
Asof die hel op ons toegesak het, is ons plotseling met ‘n ongekende boosheid oorval: huisinbrake, diefstal, aanrandings, hofsake, lewensverlies, familie- en kerkgeskille, huweliksverbrokkeling en vervreemding.
“Wat meer moet ons doen ter wille van vrede en bestendigheid?” vra my kleinkind na die aanranding op haar man (my swaer) weens ongewenste dwelmverkope voor sy perseel.
Saterdag 17 Junie was die lansering van ons gemeenskapradiodiens met steun van Toekomsrus burgerlike samestellings en pastoor Andre Roberts van die polisieforum. Dinsdag in die onheilige ure van die oggend is Vibe Radio van hul uitsaaitoerusting beroof by die huis van my tante, wyle Aunt Koesie Steyn. My kleinkind van Westlife FM sou haar omroeperdrome hier verwesenlik het. Die verdagte is aangekeer in besit van die toerusting maar het onder polisiebewaking geboeid ontsnap.



