In verband met die redakteur se brief met opskrif, Help ons om die vrotste paaie te identifiseer, die volgende …
Ek het foto’s geneem van slaggate in Fritz Krampeweg in Greenhills Uitbreiding 3. Dit is baie erg en regtig ‘n skande dat daar toegelaat is dat die pad so agteruit gegaan het. Dit is nie net die slaggate nie maar ook die algemene toestand van die pad.

Stuur gerus iemand om self te gaan kyk, maar ry eerder met ‘n 4×4 want julle gaan dit dalk nie maak met ‘n ander voertuig nie.
• Paul Roosenschoon, ‘n ander inwoner het die Herald intussen ingelig dat Willemstraat tussen Wilbotsdal en Greenhills Uitbreiding 3 ook in ‘n skokkende toestand is. Volgens hom maak baie motors van die pad gebruik aangesien daar nuwe woonkomplekse ontwikkel word.



