Opinion

Is Hy vir jou ook baie baie goed?

Storie oor 'n man, kennis en carwatch ...

In die omgewing van Randagte loop ek ‘n kennis raak. Groet hom, en vra hom hoe gaan dit.

Nee sê hy, baie baie goed. Die Here is vir hom baie baie goed. Sê hy ook, en beduie met die oë, het hom nou so verêrre vir daai carwatch wat daar so teen die muur lê wat hom so ewe vra: Kan ek maar kyk, oom?

Ek ken ook die carwatch, of beter gestel ek weet van hom – jare gelede saam gewerk op die myn, vinnige en bitsige mens. Ek weet van ten minste twee geleenthede waar hy destyds sy gat lelik gewip het vir die mynowerhede en pertinent aan ‘hulle’ verkondig het hoe erg hy gekwalifaaid is en dat hy net gisteraand hierdie groot offer by ‘n ander plek gekry het en hoe diep hierdie myn hulle se joppie maar in hulle se g!@#$ kan druk!

En, aan ons die gatkruipers – krepeer maar lekker hier want julle kan nie eintlik beter nie! Niks gestoot oor ‘n pensioen nie, o nee! Sy tools gepak en weg! My junior – die carwatch – maar kon beslis nou op pensioen gewees het, baie waar. Seg die kennis verder hy sweer die vent het nog nooit die binnekant van ‘n kerk gesien nie! Ek vra maar: hy bedoel seker nou die binnekant van ‘n Fruit and Veggie of private Christian School want dink hy ‘kerke’ bestaan nog werklik? Die kennis toon duidelike tekens van erg beswaardheid.

Vra ek hom, die kennis, hy moet aan my: die Here is vir my baie baie goed – verduidelik. Fout!

‘n Relaas van bykans 45 minute volg. Ek wil ook nie lieg nie maar ek het ophou tel hier dig by 12 aanhalings uit die Woord, bygesê. Kyk! sê hy, daar staan hy – die silwer enetjie – sy eie 1 100 dinges, lig op brandstof! Ry drie maande Randgate plat met net 10 liter brandstof. Hoe’s daai?!

Sy eie huisie hier onder in watsenaam straat. ‘n Skaflike pensioentjie – hy en die ouvrou kom deur! Vra ek hom weer: dit maak die Here baie baie goed? Die beswaarheid kom nou so erg deur ek moet koes of sy kunsgebit tref my tussen die oë! Hy weet ek was nooit eintlik ‘n kerkmens nie en anner mense wat my ook ken, sê ook so!

Sê ek ter verdediging: Maar my vriend ek kom ook deur, ook ‘n eie huis, ook ‘n ryding(e), ook ‘n pensioentjie! Nou spoeg hy en ek koes net. Is ek dan te haai en maaitie om die Koning eer toe te swaai?! Seker, sê ek, verskil ons van mening. Sover dit my aangaan het die Meester ons ‘n gesonde verstand gegee om vir onsself te sorg ensomeer. Vat nou byvoorbeeld, onse land, se kriminele: die so en soos en die ander. Miljoene – nee biljoene – nee triljoene! het hulle.

Die Here vir hulle ook baie baie goed? Dink hy, die Kennis, Die Koning is ingestel op die powere, verganklike, niksseggende goed soos stukkies papier met kriminele se gevrete daarop of 1100’s, huisies en pensioentjies?

Hierdie goed sal ons vir onsself voorsien gedurende onse genadejare. Punt poef!

Die Koning is net eenkeer vir ons baie baie goed! O, sis hy (ek koes nou al uit gewoonte), mag hy darem weet wanneer?! Seker sê ek – die dag wanneer ons Huis toe gaan finaal! Rêrig sê hy, hoe nou?! Sê ek: Indien Hy dan sy sagte deurboorde Hande na ons uitsteek en sê: Kom na my – Hier’s ‘n plekkie vir jou by my voetebank! Maar, vriend, sê ek: Jy sal hard, baie baie hard daarvoor moet werk! Hy mompel ‘n grot, draai om en verdwyn – erg erg beswaard.

Ek is weer in daardie omgewing, kom die kennis weer aangestap, diep ingedagte – kyk hy op sien my en doen ‘n ding wat hy vele keer met drif verwerp en vervloek het, glo ver benede sy stand – verdwyn hy vinnig in ‘n pandjieswinkel!

Wys jou net.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button