Opinion

Ek is g@tvol!

• Anoniem skryf:

Ek bly in Middelvlei naby ‘n besigheid en is diep ongelukkig. En wil graag weet wat normale besigheidsure op landbougrond is. Die mense lawaai voor 7vm tot partykeer na 6nm, en dan brand hulle nog iets soos kabels en rubber wat aaklig ruik. Soms, om alles net erger te maak, doen hulle sandblasting – op landbougrond waar mense naby jou bly.

As ek dit reg het is daar iemand oorkant die pad wat met varke boer en iemand langs die besigheid wat skape en beeste aanhou. Ek kan nie dink dat dit enigsins gesond kan wees vir die diere of vir daai mense nie. Is sulke plekke nie veronderstel om in ‘n industriële gebied te wees nie?

Jammer, maar ek dink nie ek gaan die enigste een wees wat kla oor die mense by dié besigheid nie, want ek dink baie ander inwoners aan ons kant van die dorp is moedeloos. Waar is AfriForum wat die soort sake aanbetref?

Ek wil graag anoniem bly… en julle is natuurlik welkom om ondersoek in te stel.

Baie dankie.

Een baie g@tvol Randfonteiner!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button