Opinion

Oortreders moet hiervan kennis neem

Bethel Gebedsentrum het daarin geslaag om die woelinge in die ingunstig bekende vierhoeke tot bedaring te bring.

GEREDIGEERDE WEERGAWE:

Absoluut fenomenaal en lofwaardig het die evangelistiese Bethel Gebedsentrum, deur opregte Christelike benadering daarin geslaag om die woelinge in die ongunstig bekende vierhoeke tot bedaring te bring.

Die berugte vierhoeke bestaan uit een van die kortste en mees omstrede strate met vierhoeke in die algemene woonbuurt wat twee hoofstrate, Arries en Plakkie met mekaar verbind en … sonder enige geadresseerde inwoners (snaaks né?).

Vierhoeke in die tronktaal ‘Sabela’ beteken gevangenis. Die meerderheid opgewasse manne hier het al met die gereg gebots, soos die musikale evangelis, Daniel Pieterse reg naas my.Selfs regeringsinstansies het die Paasnaweekdienste en oprigting van ‘n tent skriftelik goedgekeur en bekragtig.

Afgesien van sy menslike gebreke het nog ‘n toegewyde medebroerder, mnr Fazel Bhana, areabestuurder van Telkom, my geswore boesemvriend en huishoudelike werkgewer, aangebied om waarnemingskameras op die Apollo-lig aan te bring ter beveiliging van die area.

Oortreders moet hiervan kennis neem. Ek en sy twee seuns het ons voorgeneem om met die plaaslike offisiere – my neef, kaptein Leon Williams, brigadiers Jacob Manamela en Irvin Isaacs, my medespeler vroeër in die gewyde blaasorkes – samesprekings te voer in dié verband. Oor hierdie verwikkelinge verbly die gemeenskap hulle.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button