Ek’s sommer net ‘n G@#vol Randfonteiner
Ek kan nie glo dat ons mense deesdae so min omgee wat om ons aangaan nie. Dis 'n skande.
Goeiemore. Ek wil graag weet hoe lewe mense in Finsbury en omgewing.
Genade mense, ons sal doodgaan van lugbesoedeling. Ek ry elke aand in Mainweg af en reg oorkant ‘n petrolstasie, van die plotte se rigting af, is die stank iets om van naar te raak.
Ek weet nie of iemand gesneuwel het, of dit daai mense se riool is en of iemand dit al gerapporteer het nie. Hoe kan niemand daaroor kla nie? Dis aaklig.
En hier reg agter ons in Middelvlei word daar elke derde dag hoenders verbrand. Is dit enigsins wettig? Verstaan mense nie die gevaar van siektes ens nie? Daai reuk trek in my huis en alles in. Mens wil nie eers meer hê mense moet kom kuier nie.
As daar iewers ‘n gesondheidsinspekteur is, kom kyk asseblief ‘n bietjie wat hier aan die gang is. Mens kan mos nie so lewe nie. Ek kan nie glo dat ons mense deesdae so min omgee wat om ons aangaan nie. Dis ‘n skande.
Skrik wakker Randfonteiners! Ons kan Randfontein ‘n beter plek maak!
Ek wil darem nie net kla nie …
Ek wil graag dankie sê vir Westonaria se munisipaliteit dat hulle die pad van Randfontein na die sementfabriek se afdraai na Mainweg so mooi reggemaak het. Kan jy glo, hulle het die slaggate met teer toegemaak nie en nie net sand daarop gegooi nie!!!
Well done, mense, julle is ysters. Ons kort meer mense soos julle in Randfontein. Ek dink natuurlik dis ‘n skande dat Randfontein se mense nie self hul paaie in stand kan hou nie… maar dankie Westonaria Rand West!!!



