Dankie aan julle wat ons gehelp het
Ons wil net baie dankie sê aan die mense wat ons gehelp het.
We are English-speaking residents in Randfontein but we would like this letter published in Afrikaans to thank the people who saw two helpless women scream and squirt water to stop the unprovoked, surprise and relentless attack on our dog by a Rottweiler who had been let out of its property 70 metres behind us.
Ons hond is een Vrydag deur ‘n Rottweiler in Jan Fiskaalstraat aangeval terwyl ons met hom op ons middagstappie was.
Ons hond stap al vier jaar so saam met ons. Hy was skool toe, het sosialiseerklasse bygewoon en is altyd aan ‘n wurgketting sodat ons volle beheer oor hom het.
Ons hond het die volgende oggend [na die aanval] ‘n operasie ondergaan en twee dae in die dierekliniek gebly. Alhoewel hy baie pyn het, sal hy heeltemal herstel.
My vriendin en ek wil net graag baie dankie sê vir die twee motoriste en ‘n motorfietsryer dat hulle stilgehou en tot ons redding gekom het. Ons is onkant betrap en was hulpeloos, en die skreeuery en water wat ons saamgedra het, was verniet.
Die Rottweiler is glad nie beseer nie en na die voorval onder beheer gebring deur die mense wat stilgehou het.
Ons wil net baie dankie sê aan die mense wat ons gehelp het.



