Opinion

Help asb! Die stof is te erg

• Annoniem skryf:

In Tulbachlaan by die Culemborg-minimark skop die vragmotors wat daar stop geweldig stof op.

Die stof is so erg dat ek my wasgoed soms twee keer moet oorwas. ‘n Raadslid weet hiervan.

Daar is paaltjies op die sypaadjie geplant wat ons as inwoners help betaal het, maar dit is doodeenvoudig uitgery. Ons soebat en smeek dat ander pale geplant moet word [om te keer dat die vragmotors daar parkeer] maar niks gebeur nie.

Saan staan daar tot vier massiewe vragmotors oorkant ons huis waarvan die enjins nie afskakel word nie. Dis ‘n vreeslike geraas en pla veral vir ons wat skofte werk. Daar is van ons wat al erge siektes opgedoen het en aan kroniese rinitus, sinusitus en asma ly.

Toe ons ordentlik met ‘n vragmotorbestuurder daaroor gepraat het, is ons genadeloos uitgekryt en die lelikste woorde toegesnou.

Al dié groot vragmotors behoort aan dieselfde maatskappy. Help asseblief!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button