Is daar ‘n gesondheidsdepartement in Randfontein?
Ongelukkig is daar niemand in Randfontein wat die wette toepas soos dit gedoen moet word nie.

Na aanleiding van die brief in die Herald se 20 Julie-uitgawe oor die geraas by die krieketklub wil ek graag die volgende bydra.
Ek was op ‘n Saterdagmiddag ‘n paar naweke terug by ‘n samekoms in Greenhills. Die musiek wat by ‘n besigheid gespeel is, was ook so hard dat ons skaars die spreker kon hoor.
Ek het toe aangeneem dat die musiek laat in die aande daarvandaan kom. My huis is ongeveer 1km van altwee hierdie instansies en dit klink erg by ons. Ek kan my indink hoe dit teenaan daardie plekke moet klink.
Ongelukkig is daar niemand in Randfontein wat die wette toepas soos dit gedoen moet word nie.
Dis ‘n geval van hulle wil nie, of veroorsaak hulle dalk die geraas? Help nie die skrywer smeek die owerhede vir hulp nie. Dit val net op dowe ore. Daar is ‘n skrywe wat hierdie probleem aanspreek onder Department of Environmental and Cultural Affairs se Noise control regulations. Wonder of die regte departement daarop sal kan ingaan.
Ek sluit ‘n afskrif van die toegelate desibels in ‘n residensiële area in.
In werkplekke mag die geraas nie sekere vlakke oorskry nie maar hier word dit sommer in die openbaar gedoen.
Ek wonder of die gesondheidsdepartement van Randfontein al enigsins toetse naby die areas gedoen het. Is daar ‘n gesondheidsdepartement in Randfontein?



